Newsletter Issue No: 23




 Gewoonlik werk ek al voor die tyd aan my volgende nuusbrief. Ek merk nou op dat Google het al weer alles verander! Ek het my hele ou dashboard verloor waar ek gesien het hoeveel lesers ek per blad kry en die statistieke. Alles het nou weer by Nul begin. Die hele blad uileg lyk ook anders... maar nou ja, dit is seker maar hoe die Amerikaners die wêreld probeer regeer.

Ek weet nou nie eens hoe om die PDF skakel van die nuusbrief hier the plaas nie. Ek gaan maar so aan en probeer nou die extras bysit.

Die maand se resep... My maklike Malva Pudding!

Nou kan julle sommer sien hoekom sê ek in my nuusbrief, Malva Pudding met 'n gat.

BENODIGHEDE:

1 Koppie meel, 1 Koppie Suiker, 1 Koppie melk, 1 Eier, 1 Teelepel wit asyn, 1 Eetlepel Appelkooskonfyt, 1 Teelepel Bak Poeier en 1 Teelepel koeksoda.

METODE:

Roer sommer in mengbak met hand soos volg: ... Dit is maar net om klonte te verhoed.

Gooi meel in bak, Gooi Bakpoeier in bak, Gooi koeksoda in bak, gooi eier in bak, gooi asyn in bak en gooi melk in bak.

Roer dit nou goed tot geen klonte.

Nou gooi jy die eetlepel Appelkooskonfyt en koppie suiker in bak. Lekker roer! Daarna, lyk die inhoud van die bak so:

BAK DIE PUDDING NET VIR 20 MINUTE. EK BAK DIT IN DIE MULTI COOKER OP "N GAS STOOF. Indien jy jou stoof oond gebruik, gooi jou pudding mengsel in een van daai foelie bak pannetjies teen 180 grade.

Ek sit dan my pudding in 'n opskep bak en bedien met fla.

Hierdie nuusbrief gaan nou baie vroeg uit omdat ek nou eers die nuwe blog formaat moet leer ken.

Ek sal teen maand einde die PDF's per e-pos uitstuur. Geniet die pudding!

___________________________________________________-

Fotos en inhoud ©Johan du Toit