Newsletter Issue No: 22

Afrikaanse Nuusbrief met 'n resep!

PDF Skakel:  https://drive.google.com/file/d/1G1BFo1ZEo-RDaqO2ZRh638e8aJtlgtG8/view



GEBAKTE "KAMMA" SEE-KOS RESEP!

Die PDF resep en 'n blog beskrywing volg na die PDF foto.

BLOG BESKRYWING MET FOTOS. (Klik op enige foto om groot te sien.)

Die volgend foto wys die benodighede:
Benodighede:

1. Pakkie hoendersop Poeier.
2. 1 blik Saldanha Sardyne
3. 1 groot eier, of 2 eiers as klein is.
4. 1 groot Ui of 2 as klein is.
5. Skulpies pasta.
6. 10 ml Asyn
7. 3 Groot tamaties.
8. 1 Koppie Cheddar kaas.
9. Spesery vir seekos.

METODE: 

1. Kook 4 koppies pasta gaar in medium grootte pot.
2. Dreineer vis en haal graatjies uit, maar hou die tamatie vis-sous. Sien foto.

3. Braai Uie tot sag en sny in stukke.

 Die twee fotos illustreer baie mooi!
4. Gooi sop poeier in koppie en dan water en roer deur en gooi in pot.
5. Sny tamatie in stukke .
6. Gooi vis in pot by skulpies pasta.
7. Klits eier in koppie en gooi in pot by pasta.
8. Gooi uie in pot en roer gereeld maar moenie vis stukke stukkend roer nie.
9. Gooi 10 ml asyn in pot.
10. Gooi tamatie in pot maar hou bietjie uit vir bo-laag.
11. Gooi helfde van kaas in pot.
12. Gooi seekos speserye na smaak.
Die foto wys hoe die bestandele lyk as alles in die pot deur geroer is.

13. Smeer die pan met olyf olie of botter maar Spray and Cook werk die beste!
14. Gooi inhoud van pot in Multi-Cooker pan en bedek bolaag met tamatie en kaas.
Die foto wys hoe lyk die pan voordat die gereg gaan bak.

Bak die gereg stadig op lae hitte want alles is reeds gaar behalwe die eier. Bak totdat die bo-laag mooi goudbruin en kaas gesmelt. Ek toets gereg met tafel mes om te kyk dat dit nie droog gebak het nie en of dat gereg nie na rou eier proe nie.

So lyk dit as klaar gebak!


Jy kan presies dieselfde gereg in jou stoof oond bak. Bak dan jou gereg teen 180 grade maar onthou dat die stoof sal dit gouer bak as die multi-cooker. Doen dus die toets om seker te maak dat die gereg reg is.

Hierdie gereg is 'n wenner as julle gaan kamp! Ons noem dit ook soms die "Skukuza" gereg omdat met ons wildtuin vakansies van jare terug, was dit die een van die geregte as ons by Skukuza kamp gekry het. 

My lesers kan laat weet of julle die nuusbrief geniet het en of ek vorentoe weer 'n kamp-kos resep kan gee! Tot volgende maand.
_______________________________________
Fotos en inhoud: ©Johan du Toit